
Frank Opperman, die beroemde akteur, sal op 1 Maart 2012 die feesgangers betoor met Rooikaart.
Frank vertolk die rol van Wally, die president van ’n plattelandse rugbyklub, moet die klub se prysuitdeling op die jaarlikse dinee behartig. Maar dinge lol – bywoning is swak en die pryswenners het nie opgedaag nie. Met sy gunsteling dop as onderskraging, gaan Wally voort met die seremonie. Soos wat sy tong losser raak, word die sluier sonder seremonie gelig oor wat agter die skerms by die klub aan die gang is. Die geraamtes in Wally Koekemoer se eie kas verskyn ook een vir een. Dit wat volg, is skreeusnaaks. Wally herinner ’n mens aan iemand wat jy al iewers in jou lewe teëgekom het en raak dinge kwyt wat al te bekend klink.
Jay, die wenner Huisgenoot Tempo Toekennings vir Beste Pop Album sal die verhoog ophelder by die Karoofees 2012. Hierdie ster wat beroemd is vir liedjies soos Melanie sal die skare vermaak tydens die Vrydag vertoning op 2 Maart 2012.
Bespreek jou kaartjie nou om teleurstelling te voorkom.

Die fees organiseerders van die 2012 Karoofees het bekendgemaak dat die fees van 1 tot 3 Maart plaasvind.
Die Hoërskool De Aar se skoolterrein is weereens vir hierdie geleentheid beskikbaar gestel.
Die fees sal oor drie dae plaasvind. Feesbesoekers sal blootgestel word aan stalletjies, kompetisies en talle ander vermaak. Daar sal ook soos oudergewoonte ʼn geleentheid wees vir reünies.
Computicket gaan hierdie jaar die besprekings en kaartjieverkope behartig. Kaartjies kan by enige Shoprite Checkers winkels of direk by Computicket aangekoop word.
Die Karoofees gaan weereens die gasheer wees vir die reünie groepe van die Hoërskool De Aar.
Indien u meer inligting benodig of ʼn reünie wil reël gaan, asseblief na die reünie blad.
Besoek ook gerus die oudskoliere webwerf by www.dahs.co.za

















