De Aar Hoërskool – Karoofees gaan van krag tot krag en met ons nuwe webtuistes kan ons nou soveel meer aan ons besoekers bied en dit alles ten bate van Hoërskool De Aar en die Karoofees. Ons is nou in die bevoorregde posisie om advertensie spasie op ons webtuistes aan te bied op ’n maandelikse basis waar ons besoekers u advertensie sal sien en u direk kan kontak. Advertensies sal op beide die De Aar Hoërskool en Karoofees se webtuistes verskyn.
Daar is twee opsies beskikbaar om van te kies en ons nooi die ondernemings in ons area uit om van hierdie unieke en gulde geleentheid gebruik te maak om u onderneming te adverteer. Ons beskik ook oor die wonderlike dienste van ’n grafiese ontwerper wat vir u ’n advertensie kan ontwerp indien u graag wil adverteer. As ons na ons groeiende besoeker getalle op die webtuistes kyk kan u verseker nie ’n fout maak nie en u advertensie gaan 24/7 vertoon word tot u termyn verstrek.
Besigheidskaartjie Advertensie:
Hierdie is ’n baie kragtige en gewilde advertensie waar ons u besigheidskaartjie vertoon op ons webtuiste. Besoekers sien u besonderhede en hulle kontak u direk om van u dienste gebruik te maak. Kontak ons vandag indien u graag van hierdie unieke geleentheid gebruik wil maak om u onderneming te bemark.
Banier Advertensie:
Hierdie is ’n baie kragtige advertensie waar u meer advertensie spasie het om u dienste en produkte beter te bemark, hierdie advertensies sal geroteer word onder aan artikels en bladsye. Daar gaan ’n beperking op die hoeveelheid advertensies wees sodat ons ’n effektiewe bemarkings opsie kan bied, dus gaan ons ’n “First Come, First Serve” aksie toepas. Bespreek u spasie vandag om teleurstelling te voorkom.
Kontak ons vandag indien u graag hierdie geleenthede wil gebruik maak, ons help met graagte.