2022 Novels Me HSDA









NOVELS ME. HSDA 2022 – EEN VIR DIE BOEKE!

Vanjaar se Karoofees het goed afgeskop op Donderdag, 17 Maart 2022 met Novels Mej. HSDA.

Die toeskouers het dadelik tuis gevoel in die Tuin van Eden, wat uitstekend as ʼn tema uitgebeeld was. Die saal was stampvol en die finaliste het die skare omtrent aan die gons gehad.

Die meisies is volgens die volgende kategorieë beoordeel: 1. Die tema kategorie: Garden of Eden; 2. Polo wear: Die meisies se uitrustings was deur ons Hoofborg, Novels verskaf; 3. Formeel: Die meisies het formeel aangetrek en die beoordelaars en gehoor na hul asems laat snak.

Die meisies is met die volgende titels bekroon:

Mej. Persoonlikheid – Kayla-Lee Visser

Mej. Bemarking- Elizca Bester

Mej. “Garden of Eden” – Laurentia Olifant

Mej. Fotogenies – Laurentia Olifant

NOVELS MEJ. HSDA WENNERS:



Tweede Prinses: Someray Hussein, Eerste Prinses: Kayla-lee Visser en Novels Mej. HSDA – Elizca Bester.





Baie geluk aan hierdie pragtige dames!

Ons wil die seniorraad – komitee en almal wat bygedra het tot die aand se reuse sukses en harde werk bedank.

Dankie aan Karlien Husselman en haar man vir die vermaak. ʼn Spesiale dankie aan Frankie en Rose Sequeira van Novels wat elke jaar as hoofborg vir die glansgeleentheid optree.

Mag hierdie meisies se innerlike skoonheid ook na buite straal – elke deelnemer was pragtig!