2026 Kÿto Karoofees Aankondiging









KÿTO KAROOFEES IS OM DIE DRAAI!!! 26–28 FEBRUARIE 2026

Die feeskomitee het vanjaar besluit om die aktiwiteite, wat reeds tradisie tydens die KÿTO Karoofees geword het, te handhaaf, maar ook weer vars en opwindende aktiwiteite op die program aan te bring!

Die fees skop Woensdagaand af met die Standard Bank Gala-aand vir borge — ’n glansgeleentheid wat spesiaal vir ons borge aangebied word.

Soos gebruiklik word die fees deur die hoofborg, KÿTO, met ’n “bang” deur ons plaaslike weermag geopen. ’n Optog met die vlotte van HSDA, wat deur die strate beweeg, sal hierna volg.

Die fees ondersteun ook die KANSA-projek. Die KANSA-span sal deurentyd beskikbaar wees om feesgangers se hare te spuit. Hierdie inkomste word direk aan KANSA oorbetaal.









Donderdag, 26 Februarie 2026

NOVELS Mej. HSDA-kompetisie

Tyd: 18:00

Plek: Boet Troskie-skoolsaal

Novels Mej. HSDA het aparte toegangsfooie.

Kaartjies is slegs vooraf beskikbaar by debutante of by die feeskantoor.

Geen kaartjies sal by die saaldeure verkoop word nie.

Kunstenaars: Dwayne Griffin en Riempies

Kinders – R20

Volwassenes – R30

KFC Tennistoernooi – 07:00

Vir o.8-, o.10- en o.12-leerders

Deelnemers van oraloor sal deelneem en toeskouers kan uithalertennis verwag.

Navrae/inskrywings:

Lotalna Menne – 082 433 8743

Driaan Smit – 076 374 6750

Vrydag, 27 Februarie 2026

Hoofkunstenaar Vrydagaand: DIE PIESANGSKILLE met treffers soos Lyntjie, Inge, Diepseeduiker en vele meer!

Francois Bouwer

Dwayne Griffin en Riempies

SACOPA-sangers en -dansers

"Beerpong" met pryse te wen

Saterdag, 28 Februarie 2026

KFC Gemengde Dubbels-tennistoernooi (Round Robin) – 07:00

Vir ouers/volwassenes en kinders

Die dag word afgesluit met "fun & games" vir almal, baie verrassings en ’n gelukkige trekking.

Navrae/inskrywings:

Lotalna Menne – 082 433 8743

Driaan Smit – 076 374 6750

Hennies Sentrum Sportdag vs Girls High/Gariep en Victoria-Wes

J.P.S. en Platteland Akademie Bulletjierugby

SACOPA-sangers en -dansers

Francois Bouwer

Dwayne Griffin en Riempies

"Beerpong" met pryse te wen

BUILD-IT Potjiekoskompetisie

Begin om 12:00 by die biertent.

Baie goeie pryse is op die spel!

Navrae: Me L. Bouwer (Hoërskool De Aar)

Bester’s Ford Beesloop

Prysuitdeling word Saterdagmiddag in die Castle Lite-biertent aangekondig.

Vir slegs R10 per kaartjie, staan jy die kans om R5 000 se pryse te wen!

Saterdagaand se vermaak

Die alombekende EARLY B gaan die tent behoorlik laat pomp — moet dit nie misloop nie!

HENNIES SENTRUM REÜNIES WAT PLAASVIND

2016 – 10 jaar

2006 – 20 jaar

1996 – 30 jaar

1986 – 40 jaar

1976 – 50 jaar

1961 | 1971 | 1981 | 1991 | 2001 | 2011

Spesiale aktiwiteite vir reüniegroepe

Vrydag:

18:00 – Reüniebraai by die Ondersteunersklub (regs van die saal)

Vleispakkie, bykosse en vure word verskaf – kontantkroeg beskikbaar.

Saterdag:

09:00 – Ontbyt (Ondersteunersklub)

19:00 – Steak-ete in die skoolsaal (bykosse en vure word voorsien)

Sondag:

09:30 – Kerk (Moederkerk)

Kry asseblief al jou vriende bymekaar en maak ’n afspraak om mekaar weer te sien op De Aar by die KÿTO Karoofees.

Kontak: Jeanie Koen – 072 811 5538

Die MALLEMEULE bring vanjaar meer en beter “rides” en sal uitstekende vermaak aan al die kinders verskaf.

Stalletjies in die klaskamers, asook buite, sal interessante ware aanbied.

Kosstalletjies:

Halloumi-kaasstalletjie

Chip & Dip

Dik Frik se braaistal

Calamari

AGS se pannekoek en springmielies

Koffiestalletjies asook die gewilde Hoërskool De Aar-kosstalletjie met skaapkoppe, kaiings, afval, ribburgers, kerrie-en-rys en heerlike braaivleis, sal ook beskikbaar wees by die Splendid Express-braaivleisstalletjie.

Kom besoek die HSDA-kosstalletjie vir nuwe smaaklikhede op die spyskaart!

Leerprodukte, klere, speserye, messe, sonbrille, juwele, selfoontoebehore, speelgoed, cspin & win" en vele meer!

’n Spesiale toevoeging is die Kinderden — waar kinders veilig opgepas en vermaak word terwyl ouers die fees geniet.

Navrae:

Charity – 078 021 1206

Allistair – 076 258 5958

KÿTO KAROOFEES KAARTJIES

Kaartjies word self deur die fees verkoop.

Kaartjies is by die toegangshek en voertuighek beskikbaar.

Geen kaartjies word vooraf verkoop nie.

Toegang

Donderdag:

Kinders/pensioenarisse/studente – R5

Volwassenes – R10 (Sluit Novels Mej. HSDA uit!)

Vrydag:

Kinders (4–18)/pensioenarisse/studente – R60

Volwassenes – R120

Saterdag:

Kinders (4–18)/pensioenarisse/studente – R60

Volwassenes – R120

Voertuie wat op die terrein parkeer, betaal R10.

Buite die terrein is gratis parkering beskikbaar.

Sien jou daar op De Aar van 26–28 Februarie 2026 by die fees wat pomp...