2024 Kÿto Karoofees Reünies / Reunions
100 JAAR EEUFEES – KÿTO KAROOFEES
Hsda vier 100 jaar van ons skool se bestaan!
Alle oud skoliere en onderwysers is baie welkom!
Die volgende aktiwiteite word, gedurende die naweek van die KÿTO Karoofees,
spesifiek vir reüniegroepe aangebied:
Vrydag:
18:00 Reüniebraai by die Ondersteunersklub (regs van die saal)
(Vleispakkie, bykosse en vure word verskaf -Kontantkroeg beskikbaar)
Saterdag:
09:00 Ontbyt (Plek sal bevestig word)
19:00 Steak-ete en dans in die skoolsaal
Steak, bykosse en vure word verskaf (Kontantkroeg beskikbaar)
Sondag:
09:30 Kerk (Moederkerk)
Kry asb. al jou vriende bymekaar en maak ʼn afspraak om mekaar weer te sien op De Aar by die Kÿto Karoofees.
Die Hennies steakete en dans sal weer in die Boet Troskie-Saal plaasvind en enige-iemand is welkom om dit by te woon.
Kontak: Jeanie Koen 072 811 5538
Bestel jou 100 Jaar eeufees hemp voor die 8ste Februarie 2024.
Daar sal nie weer so 'n geleendheid wees nie!
Vul asseblief die vorm in of laai die PDF hieronder af en faks of e-pos dit terug aan die skool.
Reünie-vorm
Ons sien baie daarna uit om julle hier by jul Alma Mater te ontvang. Net om reëlings te vergemaklik, wil ons graag weet watter aktiwiteite bygewoon gaan word.Vul asseblief die vorm in en faks of e-pos dit terug aan die skool.
Maak betyds 'n aantekening in jou dagboek, laat weet al jou klasmaats en kom
geniet die gasvryheid van die Karoo en jou Alma Mater!
Vir enige inligting kontak: Miné Olivier: Feessekretaresse
053 - 6313691; Maandag - Vrydag 08:00 - 16:00 e-pos: info@karoofees.org