2024 Castle Light biertent







TikTok Sensasie Tino

TikTok sensasie Tino is skaars 20 jaar oud maar sy kenmerkende bariton stem kraak soos ‘n sanger wat al 40 jaar lank in die kroeë speel.

Hy hanteer sy kitaar soos verlenging van sy arm en hy brul deur die lae note met ‘n intuitiewe gevoel vir elke noot en liriek.



Riaan Benadé

Daar is min dinge wat Afrikaanse mense so baie geniet soos ’n diep boerseun, met ’n rasperstem en kitaar in die hand.

Wat nog te sê as dié boerseun liedjies kan skryf wat mense in vervoering het.

Riaan Benadé is nie net een van hulle nie - maar voorwaar ook ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf, wie se naam nog lank op mense se lippe gaan wees.



Eloff

Eloff is die naam op almal se lippe.

Hy is ‘n Potch–student wat blitsvinning bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit Johnnie Blou en opvolg snitte Geheuverlies en Witblits.

Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distilleer.



Quentin Prinsloo

Singer/Songwriter/Actor

Afrikaans Singer

Recording Artist

Performing Artist

Horse Rider

World Traveler

LEGO Collector