2022 Sportdag



RUGBY WAT POMP!

Waternat, sopnat – modderbad.

Saterdag, 19 Maart 2022, het vyftien manne doelgerig op die veld gedraf. HSDA se 0.14 rugbyspan het kragte teen Victoria-Wes se 0.14 rugbyspan gemeet. Ten spyte van ʼn harde reënbui en sopnat veld het die manne teruggeveg. Die eindtelling was 0-0, tog het albei spanne hul harte uitgespeel. De Aar se span is gelei deu rGerozaid Hollander en Myron Maclean. Die speler van die wedstryd was Waylen Naudé.

HSDA 0.19 RUGBY

Die eerste rugbyspan het ook tydens die Kÿto Karoofees teen Hoërskool Sentraal van Beaufort Wes gespeel.

Die wedstryd was in ʼn sewes formaat, omdat die besoekers baie beserings opgedoen het in hul vorige wedstryde. Die heerlike reën het nie die spelers verhooed om te speel nie. Teen halftyd het HSDA 17-0 voorgeloop. Hoërskool Sentraal het baie hard teruggeveg in die tweede helfte, maar HSDA se spelers het met kreatiewe, aanvallende rugby die wedstryd 37-5 gewen.

Ons is trots op die spelers wat aangepas het bydie omstandighede en baie goeie rugby gespeel het.



Hokkie Eerstespan

HSDA se eerste hokkiespan het tydens die Kÿto Karoofees hul eerste tuiswedstryd vir die jaar, teen H/skool Sentraal van Beaufort-Wes, gespeel.

Ten spyte van die reën het HSDA daarin geslaag om ons opponente 2-0 te klop.

Die meisies het hul goed van hul taak gekwyt, en sluit hierdie kwartaal op ʼn positiewe noot af.

Beginners Hokkiespan

Die Hokkiespan het ook teen h/skool Sentraal gespeel. Gelukkig het die reën nie ons karookinders afgeskrik nie.

Die eindtelling was 0 elk. Dit was ons eerste wedstryd vir die jaar en ons sien uit na die res van die seisoen.





Pom Poms