2023 De Aar Build-it Potjiekos









BUILD-IT DE AAR POTJIEKOSKOMPETISIE

Te danke aan Build-it De Aar wat die potjiekoskompetisie en pryse geborg het, was dit weereens ʼn sukses.

Die gees by hierdie jaar se Build-it Plus Potjiekoskompetisie by die Kÿto Karoofees was net soos die potte, uit die boonste rakke.

Die kompetisie was anders as in die verlede beoordeel en die feesgangers het self die stalletjie met die beste gees en voorkoms gekies.

Paris/Parys-pot het weggestap met hierdie prys nadat hul verskeie feesgangers op ʼn toer na die Eiffel-toring geneem het.

Sommige van die besoekers is selfs deur ʼn straatkunstenaar by dié toring geskets.

Baie nuwe spanne, maar ook ou bekendes, het ingeskryf vir die potjiekoskompetisie.

Vir die beoordelaars was dit ook ʼn nuutjie toe hul elke pot moes beoordeel sonder om vooraf te weet wie die span was wat hierdie heerlike geregte aan hul voorgesit het.

Die drie beoordelaars het elke pot op ʼn vasgestelde kriteria beoordeel en die puntetelling was aan die einde van die dag baie na aan mekaar.

Die “Brakpan Specials” het as wenners uit die stryd getree met: “Hier gaan ons alweer” in die tweede plek en Build-it, derde.

Baie dankie aan al die deelnemers vir jul ondersteuning en bydrae tot die heerlike gees wat daar geheers het asook aan ons borg, Ockie Jooste van Build-it Plus De Aar.