2023 Fotokompetisies









Merino motors Fotokompetisies

Die afgelope naweek by die Kÿto Karoofees is daar ‘n paar lyfies ingeskryf deur hul ouers wat graag wou uitvind of hulle die oulikste baa-baa in De Aar het...

Ons opregte dank aan volgende borge nl.

Scruffy2Fluffy, Daisy Business Solutions, Sugar & Crumbs Handmade Cookies, BOHO Photography,

Picture Perfect, ACLaserengrave and Print, Affieplaas Boereseep en laaste, maar verseker nie die minste nie – die hoofborg – Merino Motors, asook aan almal wat deelgeneem het aan hierdie fotokompetisies.

Die alombekende Zantie Swanepoel was die e-beoordelaar vir hierdie kompetisies en ons sê ook vir haar ‘n spesiale dankie vir die tyd wat sy uitgekoop het om die beoordeling te doen.





Hier is haar Top Drie by elke kategorie:



Baba:

1) Luwaan Leeushut

2) Minki Nieuwoudt

3) Angel Kok



Peuter:

1) Elrene Greyling

2) André Snyman

3) Jandré Augustyn



Kleuter:

1) Miané du Toit

2) Akhamzi Lusiti

3) Mia Nieuwoudt



Ek en my troeteldier:

1) Miané en Charlie

2) Gustav en Max

3) Rozaan en Leica