2023 Novels Me HSDA









NOVELS MEJ. HSDA 2023

Die Kÿto Karoofees het, soos oudergewoonte, met hierdie glansgeleentheid afgeskop.

Dit was vir ons heerlik om die gehoor op 2 Maart in Hollywood te ontvang.

Dit was beslis ʼn aand vir die sterre, want ons finaliste het asems weggeslaan en het ook met behoorlike “Oscar”-toekennings weggestap.

Die kroon is oorhandig en die tradisie duur voort.

Die meisies het aan drie kategorieë deelgeneem:

  1. Hollywood tema deur meisies uitgebeeld

  2. Polo-wear – meisies was met trots geklee in Polo-klere wat verskaf is deur die aand se hoofborg, Frankie Sequeira van Novels.

  3. Formele drag waar elke meisie met deftige aandrokke gespog het.

Die volgende meisies het met welverdiende titels weggestap:

NOVELS Mej. HSDA: Anke van der Westhuizen

Eerste prinses: Annika Bouwer

Tweede prinses: Jeanette Moyo

Mej. Bemarking: Suné Barnard

Mej. Persoonlikheid: Jeanette Moyo

Mej. Fotogenies: Jeanette Moyo

Miss Hollywood: Esona Mvenya

Miss Facebook: Esona Mvenya

Die meisies is almal beeldskoon en uniek in hul eie manier.

HSDA is trots op elke meisie wat braaf genoeg was om deel te neem en wat so hard gewerk het aan die voorbereiding van die aand.

Baie geluk!



Wenners



Top 5



Finaliste