2023 Sportdag





RUGBY



JONG ARENDE 0.15 A-SPAN

Die 2023 seisoen skop af waar die HSDA se 0.15A-span hulle titel teen die Diamantstad se Hoërskool Adamantia verdedig.

Dit was ʼn harde wedstryd en De Aar slaag daarin om Adamantia met die kous oor die kop huis toe te stuur.

Die jong arende is uitgerus vir die 2023 – seisoen en reis die naweek na Beaufort-Wes waar hulle Sentraal aanpak.



0.15 B-SPAN



0.17 RUGBY

HSDA se 0.17 rugbyspan het die seisoen goed afgeskop teen Hskool Adamantia met ʼn oortuigende oorwinning van 34-5.

Die span van HSDA het in die vyftiende minuut begin spanwerk toon en hul eerste punte aangeteken.

So het die damwal gebreek en die drieë het begin reën.

Baie dankie vir almal se ondersteuning die naweek!

Drieë: Zuko Rabushe x 1, Miguel Nieuwenhuizen x1, Dewald Greeff x 1, Sphonandle Josi x 1

Doelskoppe: Keanu van Louw x 2



0.19 RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het op Saterdag, 4 Maart teen Hoërskool Adamantia in De Aar gespeel.

Dit was baie warm en altwee spanne het gesukkel om aan die gang te kom.

Hoërskool Adamantia het daarin geslaag om die eerste drie van die wedstryd te druk.

HSDA het mooi teruggeveg en rustyd was die telling 7-5 in HSDA se guns.

HSDA het met goeie aanvallende rugby die tweede helfte gedomineer en slaag daarin om die wedstryd 28-5 te wen.

Ons is trots op die span wat ʼn oorwinning behaal het in hulle eerste wedstryd vir die seisoen.



Bulletjie rugby





HOKKIE



EERSTE SPAN

HSDA se eerste hokkiespan het die afgelope naweek, tydens die Karoofees, teen Hoërskool Adamantia gespeel.

Die span het ʼn baie goeie spel gehad en slaag daarin om 3-2 te wen.



BEGINNNERS

Saterdag, 4 Maart het HSDA teen Hskool Adamantia van Kimberley hokkie gespeel.

Daar was ʼn paar naelbyt oomblikke, maar die span se verdediging was uitstekend.

Die eindtelling was 0-0. Ons sien uit na die seisoen wat voorlê.





NETBAL

Sewe van ons netbalspanne het Saterdag die netbalseisoen afgeskop met wedstryde wat tydens die Karoofees se sportdag gespeel is.

Vier wedstryde is teen Hoërskool Adamantia van Kimberley gespeel en ons slaag darin om al vier van die liga-wedstryde te wen.



1STE SPAN

Ons eerste span wen oortuigend.

Die HV is ʼn doring in die teenstanders se vlees en draai telkemale die bal sodat ons sommer van vroeg af reeds kon voorloop.

0.19B-span

Die 0.19B-span wen 14-6.



0.14A-span

Die 0.14A-span wen 10-1



0.14B-span

Die 0.14B-span speel teen Hoërskool Victoria-Wes se 0.15A-span. Hul sukkel om aan die gang te kom en verloor ongelukkig 3-0



0.15A-span

Die 0.15A-span wen 14-3



Gemengde span

Ons gekombineerde 0.15- en 0.16-span verloor teen Hoërskool Victoria-Wes se 0.17A-span.

Die 0.15B-span wen LDA se 0.13B-span.

Die 0.19C-span wen Victoria-Wes se 0.17 span net net met 15-3





POM POMS