🎉 FEES AANKONDIGING

KÿTO KAROOFEES IS OM DIE DRAAI!!!

Die feeskomitee het vanjaar besluit om die aktiwiteite, wat reeds tradisie tydens die KÿTO Karoofees geword het, te handhaaf, maar ook weer vars en opwindende aktiwiteite op die program aan te bring!

Die fees skop Woensdagaand af met die Standard Bank Gala-aand vir borge — 'n glansgeleentheid wat spesiaal vir ons borge aangebied word.

Soos gebruiklik word die fees deur die hoofborg, KÿTO, met 'n "bang" deur ons plaaslike weermag geopen. 'n Optog met die vlotte van HSDA, wat deur die strate beweeg, sal hierna volg.

❤️ KANSA PROJEK

Ondersteun KANSA

Die fees ondersteun ook die KANSA-projek. Die KANSA-span sal deurentyd beskikbaar wees om feesgangers se hare te spuit. Hierdie inkomste word direk aan KANSA oorbetaal.

📅 DONDERDAG, 26 FEBRUARIE 2026

Donderdag Program

NOVELS Mej. HSDA-kompetisie
Tyd: 18:00
Plek: Boet Troskie-skoolsaal

Novels Mej. HSDA het aparte toegangsfooie.
Kaartjies is slegs vooraf beskikbaar by debutante of by die feeskantoor.
Geen kaartjies sal by die saaldeure verkoop word nie.

Kunstenaars: Dwayne Griffin en Riempies
Kinders – R20 | Volwassenes – R30

KFC Tennistoernooi – 07:00
Vir o.8-, o.10- en o.12-leerders
Deelnemers van oraloor sal deelneem en toeskouers kan uithalertennis verwag.

Navrae/inskrywings:
Lotalna Menne – 082 433 8743
Driaan Smit – 076 374 6750

📅 VRYDAG, 27 FEBRUARIE 2026

Vrydag Program 🎵

Hoofkunstenaar Vrydagaand:
DIE PIESANGSKILLE met treffers soos Lyntjie, Inge, Diepseeduiker en vele meer!

Ook op die verhoog:
• Francois Bouwer
• Dwayne Griffin en Riempies
• SACOPA-sangers en -dansers
• "Beerpong" met pryse te wen

📅 SATERDAG, 28 FEBRUARIE 2026

Saterdag Program ⭐

KFC Gemengde Dubbels-tennistoernooi (Round Robin) – 07:00
Vir ouers/volwassenes en kinders
Die dag word afgesluit met "fun & games" vir almal, baie verrassings en 'n gelukkige trekking.

Navrae/inskrywings:
Lotalna Menne – 082 433 8743
Driaan Smit – 076 374 6750

Hennies Sentrum Sportdag vs Girls High/Gariep en Victoria-Wes
J.P.S. en Platteland Akademie Bulletjierugby
SACOPA-sangers en -dansers

BUILD-IT Potjiekoskompetisie
Begin om 12:00 by die biertent. Baie goeie pryse is op die spel!
Navrae: Me L. Bouwer (Hoërskool De Aar)

Bester's Ford Beesloop
Prysuitdeling word Saterdagmiddag in die Castle Lite-biertent aangekondig.
Vir slegs R10 per kaartjie, staan jy die kans om R5 000 se pryse te wen!

🎤 SATERDAGAAND VERMAAK

EARLY B! 🔥

Die alombekende EARLY B gaan die tent behoorlik laat pomp — moet dit nie misloop nie!

🤝 HENNIES SENTRUM REÜNIES

Reünies wat Plaasvind

Spesiale Jaargroepe:
2016 – 10 jaar
2006 – 20 jaar
1996 – 30 jaar
1986 – 40 jaar
1976 – 50 jaar

Ook: 1961 | 1971 | 1981 | 1991 | 2001 | 2011

Spesiale aktiwiteite vir reüniegroepe:

Vrydag:
18:00 – Reüniebraai by die Ondersteunersklub (regs van die saal)
Vleispakkie, bykosse en vure word verskaf – kontantkroeg beskikbaar.

Saterdag:
09:00 – Ontbyt (Ondersteunersklub)
19:00 – Steak-ete in die skoolsaal (bykosse en vure word voorsien)

Sondag:
09:30 – Kerk (Moederkerk)

Kry asseblief al jou vriende bymekaar en maak 'n afspraak om mekaar weer te sien op De Aar by die KÿTO Karoofees.
Kontak: Jeanie Koen – 072 811 5538

🎪 VERMAAK & STALLETJIES

Nog Meer om te Geniet!

DIE MALLEMEULE bring vanjaar meer en beter "rides" en sal uitstekende vermaak aan al die kinders verskaf.

Stalletjies in die klaskamers, asook buite, sal interessante ware aanbied.

Kosstalletjies:
• Halloumi-kaasstalletjie
• Chip & Dip
• Dik Frik se braaistal
• Calamari
• AGS se pannekoek en springmielies
• Koffiestalletjies
• HSDA-kosstalletjie met skaapkoppe, kaiings, afval, ribburgers, kerrie-en-rys en heerlike braaivleis
• Splendid Express-braaivleisstalletjie

Ander Stalletjies:
Leerprodukte, klere, speserye, messe, sonbrille, juwele, selfoontoebehore, speelgoed, "spin & win" en vele meer!

👶 KINDERDEN

Veilige Kindersorg Beskikbaar

'n Spesiale toevoeging is die Kinderden — waar kinders veilig opgepas en vermaak word terwyl ouers die fees geniet.

Navrae:
Charity – 078 021 1206
Allistair – 076 258 5958

🎟️ KAARTJIES & TOEGANG

KÿTO KAROOFEES KAARTJIES

Kaartjies word self deur die fees verkoop.
Kaartjies is by die toegangshek en voertuighek beskikbaar.
Geen kaartjies word vooraf verkoop nie.

DONDERDAG:
Kinders/pensioenarisse/studente – R5
Volwassenes – R10 (Sluit Novels Mej. HSDA uit!)

VRYDAG:
Kinders (4–18)/pensioenarisse/studente – R60
Volwassenes – R120

SATERDAG:
Kinders (4–18)/pensioenarisse/studente – R60
Volwassenes – R120

Voertuie wat op die terrein parkeer, betaal R10.
Buite die terrein is gratis parkering beskikbaar.

🎉 SY JOU DAAR!

Die Fees Wat Pomp...

Sien jou daar op De Aar van 26–28 Februarie 2026 by die fees wat pomp...