2022

KÿTO KAROOFEES - Gebeure / Events

Opening + Optog

Ons is hierdie jaar baie opgewonde om die Kÿto Karoofees te open. Ná die lang inperking, kan ons weer die fees aanbied wat só baie vir ons dorp en vir Hoërskool De Aar beteken. Alex Cilliers het namens Kÿto die fees geopen.

Opening en Optog collage 2022

Daisy Gala Aand

Daisy Gala-aand borg, Kÿto Hoofborg, Premium borg (Novels en Hennies) en Platinum borg.

Borge

Kunstenaars

DR VICTOR AND THE RASTA REBELS, SUNSET SWEATSHOP, SKEMER, ONZ - Karlien en Anthony, ANNERI, ANKE, LEANDRO en KARIKE PLASENKAMP!

kunstenaars

Midas Dames Tee met Nataniël

'n Elegante middag vol gesels, tee, en die vermaak van Nataniël!

nathaniel

BKB Skaapskou

BKB VAGKOMPETISIE WENNERS:
PHILIPSTOWN JONGOOI KLUB
BKB MERINO SKAAPSKOU WENNERS:
Preiss en Kock – Kampioen ooi / ram
Kampioen Teler – Orangevalley (Herman Kock)
BKB DORPER SKAAPSKOU WENNERS
Groot kampioen dorper ooi – Albian boerdery – Albie Horn
Reserwe groot kampioen ooi – Hardus Korb
Groot kampioen dorper ram – Hardus Korb
Reserwe groot kampioen ram – Albie Horn Albian boerdery

BKB

Sentrale Karoo Skou (Boerboel Skou)

Boerboel Skou

Stalletjies

Honderde stalletjies met alles van kos tot kuns tot handgemaakte produkte!

Opening en Optog collage 2022

Polana Reuse Pampoen Kompetisie

POLANA MEUBELS REUSE PAMPOEN KOMPETISIE WENNERS:
1ste Plek - 73kg Chloe-Ann Sequeira
2de Plek - 62kg Peyton Lambrechts
3de Plek - 55kg Johnny Sequeira
Mooiste pampoen - Ghia Lambrechts
Lelikste pampoen - Elsa Human

Opening en Optog collage 2022

Shoprite Checkers Trolley Run

𝐒𝐇𝐎𝐏𝐑𝐈𝐓𝐄 𝐂𝐇𝐄𝐂𝐊𝐄𝐑𝐒 𝐓𝐑𝐎𝐋𝐋𝐄𝐘 𝐑𝐔𝐍 𝐅𝐈𝐍𝐀𝐋𝐄
1ste - Graad 12
2de - Graad 11
3de - Graad 8
Oorspronklikste trolley – Graad 10’s – Trekker trolley

Trolley Run

Hennies Sentrum Clay Target Shoot

Wenners:
Pieter de Jager
Boertjie van Zyl
Douw Odendaal
Carl Pau

Clay Shoot

De Aar Build-it Potjiekos

POTJIEKOS-WENNERS:
Eerste plek - Arm gatte
Tweede plek - Tipsy Chefs
Derde plek - Rusty Wheels
Beste stalletjie: Trans Karoo
Beste gees: Arm Gatte

Potjiekos

Bester's Ford Beesloop

Wenners:
1STE: SHAUN BARNARD
2DE: JACO KLEYNHANS
3DE: AMOR MAKELLI

Beesloop

Beer Pong

𝐁𝐄𝐄𝐑 𝐏𝐎𝐍𝐆 𝐊𝐎𝐌𝐏𝐄𝐓𝐈𝐒𝐈𝐄:
1ste- Francois van der Walt en Donald Marais
2de- Ruhann du Plessis en Nelje Geyser

Beerpong

Novels Mej. HSDA

NOVELS ME. HSDA 2022 – EEN VIR DIE BOEKE!
Vanjaar se Karoofees het goed afgeskop op Donderdag, 17 Maart 2022 met Novels Mej. HSDA. Die toeskouers het dadelik tuis gevoel in die Tuin van Eden, wat uitstekend as ʼn tema uitgebeeld was. Die saal was stampvol en die finaliste het die skare omtrent aan die gons gehad. Die meisies is volgens die volgende kategorieë beoordeel: 1. Die tema kategorie: Garden of Eden; 2. Polo wear: Die meisies se uitrustings was deur ons Hoofborg, Novels verskaf; 3. Formeel: Die meisies het formeel aangetrek en die beoordelaars en gehoor na hul asems laat snak. Die meisies is met die volgende titels bekroon:
Mej. Persoonlikheid – Kayla-Lee Visser
Mej. Bemarking- Elizca Bester
Mej. “Garden of Eden” – Laurentia Olifant
Mej. Fotogenies – Laurentia Olifant

NOVELS MEJ. HSDA WENNERS:
Novels Mej. HSDA – Elizca Bester
Eerste Prinses: Kayla-lee Visser
Tweede Prinses: Someray Hussein
Baie geluk aan hierdie pragtige dames! Ons wil die seniorraad – komitee en almal wat bygedra het tot die aand se reuse sukses en harde werk bedank. Dankie aan Karlien Husselman en haar man vir die vermaak. ʼn Spesiale dankie aan Frankie en Rose Sequeira van Novels wat elke jaar as hoofborg vir die glansgeleentheid optree. Mag hierdie meisies se innerlike skoonheid ook na buite straal – elke deelnemer was pragtig!

Mej HSDA

Sportdag

RUGBY WAT POMP!
Waternat, sopnat – modderbad.
Saterdag, 19 Maart 2022, het vyftien manne doelgerig op die veld gedraf. HSDA se 0.14 rugbyspan het kragte teen Victoria-Wes se 0.14 rugbyspan gemeet. Ten spyte van ʼn harde reënbui en sopnat veld het die manne teruggeveg. Die eindtelling was 0-0, tog het albei spanne hul harte uitgespeel. De Aar se span is gelei deu rGerozaid Hollander en Myron Maclean. Die speler van die wedstryd was Waylen Naudé.
HSDA 0.19 RUGBY
Die eerste rugbyspan het ook tydens die Kÿto Karoofees teen Hoërskool Sentraal van Beaufort Wes gespeel. Die wedstryd was in ʼn sewes formaat, omdat die besoekers baie beserings opgedoen het in hul vorige wedstryde. Die heerlike reën het nie die spelers verhooed om te speel nie. Teen halftyd het HSDA 17-0 voorgeloop. Hoërskool Sentraal het baie hard teruggeveg in die tweede helfte, maar HSDA se spelers het met kreatiewe, aanvallende rugby die wedstryd 37-5 gewen. Ons is trots op die spelers wat aangepas het bydie omstandighede en baie goeie rugby gespeel het.
Hokkie Eerstespan
HSDA se eerste hokkiespan het tydens die Kÿto Karoofees hul eerste tuiswedstryd vir die jaar, teen H/skool Sentraal van Beaufort-Wes, gespeel. Ten spyte van die reën het HSDA daarin geslaag om ons opponente 2-0 te klop. Die meisies het hul goed van hul taak gekwyt, en sluit hierdie kwartaal op ʼn positiewe noot af.
Beginners Hokkiespan
Die Hokkiespan het ook teen h/skool Sentraal gespeel. Gelukkig het die reën nie ons karookinders afgeskrik nie. Die eindtelling was 0 elk. Dit was ons eerste wedstryd vir die jaar en ons sien uit na die res van die seisoen.

Sportdag

Gonder Trading Stoeitoernooi

Stoei

Reünies

Reünie groepe
Matrieks 1982
Matrieks 1986
Matrieks 2002

Reunie

CANSA Spray

Cansa

Vermaak

Cansa