KÿTO KAROOFEES - Gebeure / Events
VLOTTE WENNERS:
1STE: GRAAD 11
2DE: GRAAD 8
3DE: GRAAD 10
BESTE TROLLIE RESIES:
DE JUMPERS GRAAD 11
BESTE TROLLIE WENNERS
1STE: KALAHARI FERRARI GRAAD 8
2DE: DANGER FORCE GRAAD 12
3DE: MOTOCX GRAAD 11
HENNIES KLEIDUIF SKIET KOMPETISIE WENNERS:
1ste: PJ Erasmus
2de: Roelof van Zyl
3de: Pieter de Jager
Vroue: Karla Dumas
Jeugdiges:
0.19 – Ben Greyling
0.13 – Rassie Erasmus
BESTER'S FORD BEESLOOP WENNERS:
1STE: Allen Boucher
2DE: Irene van der Linde
3DE: Marnaud Nel
RUGBY
JONG ARENDE 0.15 A-SPAN
Die 2023 seisoen skop af waar die HSDA se 0.15A-span hulle titel teen die Diamantstad se Hoërskool Adamantia verdedig.
Dit was ʼn harde wedstryd en De Aar slaag daarin om Adamantia met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Die jong arende is uitgerus vir die 2023 – seisoen en reis die naweek na Beaufort-Wes waar hulle Sentraal aanpak.
0.17 RUGBY
HSDA se 0.17 rugbyspan het die seisoen goed afgeskop teen Hskool Adamantia met ʼn oortuigende oorwinning van 34-5.
Die span van HSDA het in die vyftiende minuut begin spanwerk toon en hul eerste punte aangeteken.
So het die damwal gebreek en die drieë het begin reën.
Baie dankie vir almal se ondersteuning die naweek!
Drieë: Zuko Rabushe x 1, Miguel Nieuwenhuizen x1, Dewald Greeff x 1, Sphonandle Josi x 1
Doelskoppe: Keanu van Louw x 2
0.19 RUGBY
HSDA se eerste rugbyspan het op Saterdag, 4 Maart teen Hoërskool Adamantia in De Aar gespeel.
Dit was baie warm en altwee spanne het gesukkel om aan die gang te kom.
Hoërskool Adamantia het daarin geslaag om die eerste drie van die wedstryd te druk.
HSDA het mooi teruggeveg en rustyd was die telling 7-5 in HSDA se guns.
HSDA het met goeie aanvallende rugby die tweede helfte gedomineer en slaag daarin om die wedstryd 28-5 te wen.
Ons is trots op die span wat ʼn oorwinning behaal het in hulle eerste wedstryd vir die seisoen.
HOKKIE
EERSTE SPAN
HSDA se eerste hokkiespan het die afgelope naweek, tydens die Karoofees, teen Hoërskool Adamantia gespeel.
Die span het ʼn baie goeie spel gehad en slaag daarin om 3-2 te wen.
BEGINNNERS
Saterdag, 4 Maart het HSDA teen Hskool Adamantia van Kimberley hokkie gespeel.
Daar was ʼn paar naelbyt oomblikke, maar die span se verdediging was uitstekend.
Die eindtelling was 0-0. Ons sien uit na die seisoen wat voorlê.
NETBAL
Sewe van ons netbalspanne het Saterdag die netbalseisoen afgeskop met wedstryde wat tydens die Karoofees se sportdag gespeel is.
Vier wedstryde is teen Hoërskool Adamantia van Kimberley gespeel en ons slaag darin om al vier van die liga-wedstryde te wen.
1STE SPAN
Ons eerste span wen oortuigend.
Die HV is ʼn doring in die teenstanders se vlees en draai telkemale die bal sodat ons sommer van vroeg af reeds kon voorloop.
0.19B-span
Die 0.19B-span wen 14-6.
0.14A-span
Die 0.14A-span wen 10-1
0.14B-span
Die 0.14B-span speel teen Hoërskool Victoria-Wes se 0.15A-span. Hul sukkel om aan die gang te kom en verloor ongelukkig 3-0
0.15A-span
Die 0.15A-span wen 14-3
GEMENGDE SPAN
Ons gekombineerde 0.15- en 0.16-span verloor teen Hoërskool Victoria-Wes se 0.17A-span.
Die 0.15B-span wen LDA se 0.13B-span.
Die 0.19C-span wen Victoria-Wes se 0.17 span net net met 15-3
𝐁𝐄𝐄𝐑 𝐏𝐎𝐍𝐆 𝐊𝐎𝐌𝐏𝐄𝐓𝐈𝐒𝐈𝐄
Die “Beerpong” was weereens ʼn groot sukses. Dit het Donderdag en Saterdag tydens die Karoofees plaasgevind.
Donderdagaand was die eerste plek wenners: Bartho Linde en Claudio Sequeira en die tweede plek wenners: Warno en Bibi Marais.
Troospryse is ook aan die minder gelukkiges gegee.
Saterdagmiddag was die kompetisie baie sterk en baie spanne het deelgeneem.
Die spanne was kop-aan-kop. Leon Wilkinson en Georg Sieberhagen het die eerste prys gewen.
JM en Michael het die tweede prys gewen.
Troospryse is aan Philip, Ryno, JH en Chris oorhandig.
Pryse was deur AFRISAM – Stefan Roos- geborg.
Hierdie jaar het ons besluit om die kompetisie terug te bring vir die grooteters onder die kinders!
Dit was ʼn groot sukses en die leerders het mekaar lekker stof in die oë geskop.
Volgende jaar daag ons die ouer gardes ook uit!
WENNERS
Graad 3-5: Indibabele Bushula
Graad 6-7: Monwabisi Jacobs
Graad 8-9: Lilitha Billy
Pryse was deur Wilkinson Drilling geborg
Leerders het ook ʼn kans gekry om hul kreatiewe kant ten toon te stel.
Hulle het die kompetisie met beide hande aangegryp en die mooiste kolwyntjies versier, waarna hul lekker kon smul aan hul handewerk.
Wenners:
Graad 3-5: Oarbile Malebo
Graad 6-7: Olereko Mjandana
Donderdagmiddag het HSDA se leerders die kans gekry om hul onderwysers met waterballonne te gooi.
Dit was vetpret en hulle het omtrent van die geleentheid gebruik gemaak.
Daar was ʼn gelukkige trekking en leerders kon ook die geleentheid kry om die skoolhoof met waterballonne te gooi.
Wenners:
Welmy Erasmus en Wickus Roos
BUILD-IT DE AAR POTJIEKOSKOMPETISIE
Te danke aan Build-it De Aar wat die potjiekoskompetisie en pryse geborg het, was dit weereens ʼn sukses.
Die gees by hierdie jaar se Build-it Plus Potjiekoskompetisie by die Kÿto Karoofees was net soos die potte, uit die boonste rakke.
Die kompetisie was anders as in die verlede beoordeel en die feesgangers het self die stalletjie met die beste gees en voorkoms gekies.
Paris/Parys-pot het weggestap met hierdie prys nadat hul verskeie feesgangers op ʼn toer na die Eiffel-toring geneem het.
Sommige van die besoekers is selfs deur ʼn straatkunstenaar by dié toring geskets.
Baie nuwe spanne, maar ook ou bekendes, het ingeskryf vir die potjiekoskompetisie.
Vir die beoordelaars was dit ook ʼn nuutjie toe hul elke pot moes beoordeel sonder om vooraf te weet wie die span was wat hierdie heerlike geregte aan hul voorgesit het.
Die drie beoordelaars het elke pot op ʼn vasgestelde kriteria beoordeel en die puntetelling was aan die einde van die dag baie na aan mekaar.
Die “Brakpan Specials” het as wenners uit die stryd getree met: “Hier gaan ons alweer” in die tweede plek en Build-it, derde.
Baie dankie aan al die deelnemers vir jul ondersteuning en bydrae tot die heerlike gees wat daar geheers het asook aan ons borg, Ockie Jooste van Build-it Plus De Aar.
NOVELS MEJ. HSDA 2023
Die Kÿto Karoofees het, soos oudergewoonte, met hierdie glansgeleentheid afgeskop.
Dit was vir ons heerlik om die gehoor op 2 Maart in Hollywood te ontvang.
Dit was beslis ʼn aand vir die sterre, want ons finaliste het asems weggeslaan en het ook met behoorlike “Oscar”-toekennings weggestap.
Die kroon is oorhandig en die tradisie duur voort.
Die meisies het aan drie kategorieë deelgeneem:
1. Hollywood tema deur meisies uitgebeeld
2. Polo-wear – meisies was met trots geklee in Polo-klere wat verskaf is deur die aand se hoofborg, Frankie Sequeira van Novels.
3. Formele drag waar elke meisie met deftige aandrokke gespog het.
Die volgende meisies het met welverdiende titels weggestap:
NOVELS Mej. HSDA: Anke van der Westhuizen
Eerste prinses: Annika Bouwer
Tweede prinses: Jeanette Moyo
Mej. Bemarking: Suné Barnard
Mej. Persoonlikheid: Jeanette Moyo
Mej. Fotogenies: Jeanette Moyo
Miss Hollywood: Esona Mvenya
Miss Facebook: Esona Mvenya
Die meisies is almal beeldskoon en uniek in hul eie manier.
HSDA is trots op elke meisie wat braaf genoeg was om deel te neem en wat so hard gewerk het aan die voorbereiding van die aand.
Baie geluk!
POLANA MEUBELS REUSE PAMPOEN KOMPETISIE
1ste prys: Swaarste Pampoen 273kg: Mikayla Orfao
2de prys: 2de Swaarste Pampoen 68kg: Elsa Human
Eksotiese Waatlemoen pampoen: Mynderd Marais
Mooiste pampoen: Elsa Human
Lelikste pampoen: Peyton en Ghia-Georgie Lambrechts, Chloe-Ann en John-William Sequeira
Gewig reg geraai: Mnr. Piet Bergh 280kg
Gelukkige trekking: Roelof van Zyl
Die pampoene is vir die volgende liefdadigheid instansies geskenk:
Khazimla, Hospice, St. Johns skooltjie, Sonder Sorge Ouetehuis, Op die kruin Ouetehuis, Britstown Ouetehuis, Gentle care, Adriaanse sopkombuis,
BKFC-TENNISFEES: ʼn REUSE SUKSES
De Aar en sy gemeenskap was bevoorreg hierdie jaar om ʼn nuwe konsep in tennis te ervaar in die formaat van ʼn tennisfees.
Daar is aan baie fasette van tennis oor ʼn periode van drie dae gedurende die Kÿto Karoofees deelgeneem.
Die oogmerk was om jong spelers blootstelling te gee, te ontwikkel, die gemeenskap en omgewing te betrek en tennis in die geheel te bevorder terwyl daar ʼn ontspanne en feestelike atmosfeer geheers het.
Op Donderdag, 2 Maart het die ervare spelers aan ʼn enkelstoernooi deelgeneem.
Daar was heeltyd ʼn afrigter of tellinghouer byderhand om die heel kleintjies te help indien hul sou sukkel met die reëls of om telling te hou.
Die Vrydag was ʼn afrigtingsdag wat deur Lotalna Menne, Johan Barkhuizen, Driaan Smit en Hendry Bester behartig is.
Daar is op balvaardigheid, voetwerk, voorhand, rughand, “volleys” en diene gefokus.
Na die afrigting het die onervare spelers of die wat nog nie ʼn geleentheid gehad het om aan ʼn toernooi deel te neem nie ook ʼn kans gekry om teen mekaar te speel.
Deurgaans was daar musiek gemaak en kon die spelers die fees besoek of op die springkasteel speel wat langs die bane opgeslaan was.
Op die laaste dag (Saterdag) was daar ʼn dubbelstoernooi waaraan die hele familie asook vriende kon deelneem.
Almal het dit baie geniet en bande kon versterk word.
Die tennisfees is met pret en speletjies asook ʼn gelukkige trekking afgesluit.
Daar is op elke dag van die tennisfees pryse aan al die spelers oorhandig.
Dit is moontlik gemaak deur die hoofborg KFC De Aar asook Mnr. Danny de Carvalho van MTN.
Baie dankie aan Johan Barkhuizen (DJ Brakkies) vir die musiek gedurende die tennisfees asook aan Me. Lotalna Menne vir die skenking van die tennisballe en die aparte afrigting.
Die toernooi organiseerders spreek hul dankbaarheid teenoor almal uit vir die ondersteuning en kan nie wag vir die volgende tennisfees nie!
Merino motors Fotokompetisies
Die afgelope naweek by die Kÿto Karoofees is daar ‘n paar lyfies ingeskryf deur hul ouers wat graag wou uitvind of hulle die oulikste baa-baa in De Aar het...
Ons opregte dank aan volgende borge nl.
Scruffy2Fluffy, Daisy Business Solutions, Sugar & Crumbs Handmade Cookies, BOHO Photography,
Picture Perfect, ACLaserengrave and Print, Affieplaas Boereseep en laaste, maar verseker nie die minste nie – die hoofborg – Merino Motors, asook aan almal wat deelgeneem het aan hierdie fotokompetisies.
Die alombekende Zantie Swanepoel was die e-beoordelaar vir hierdie kompetisies en ons sê ook vir haar ‘n spesiale dankie vir die tyd wat sy uitgekoop het om die beoordeling te doen.
Hier is haar Top Drie by elke kategorie:
Baba:
1. Luwaan Leeushut
2. Minki Nieuwoudt
3. Angel Kok
Peuter:
1. Elrene Greyling
2. André Snyman
3. Jandré Augustyn
Kleuter:
1. Miané du Toit
2. Akhamzi Lusiti
3. Mia Nieuwoudt
Ek en my troeteldier:
1. Miané en Charlie
2. Gustav en Max
3. Rozaan en Leica
Stalletjie Wenners
Janine Theron – Boetiek 2, Lischell Smith – Loka 3, Du Plessis’s – Hartsgoed – wen stalletjie 1
BERNICE WEST, JAN RHAAP, ARMAND STEENKAMP, LEEVONA, QUENTIN PRINSLOO, PRINCE, ANKE VD WESTHUIZEN, LEANDRO,
Matrieks 1978, Matrieks 1993, Matrieks 2003, Matrieks 2013
MIDAS DE AAR KOMEDIE OGGEND MET SCHALK BEZUIDENHOUT