KÿTO KAROOFEES EEUFEES - Gebeure / Events
Net voor die fees afgeskop het, het sewe spanne ingeskryf om aan die Trolley Run deel te neem.
Hulle het elkeen hul eie tema gehad en daarvolgens aangetrek en die trollies versier.
Tydens die uitdunne het drie graad groepe en twee sportspanne deur gegaan na die finaal.
Die finale is gehou die dag van die feesopening. Die opwinding was groot en die adrenalien het gepomp.
Baie geluk aan graad 10B, die Burgerspan, wat eerste gekom het van die graad groepe en baie geluk aan die Rugbyspan wat eerste gekom het van die sportspanne.
BKB Vagwolkompetisie wenners:
BESTE VAG ALGEMEEN:
1.Pieter du Toit en Preiss & Kock
2.Pieter du Toit
3.Philipstown Jongooi klub
4.Charl Marais
5.Charl Theron
SWAARSTE VAG: Preiss & Kock
BESTE GROEP VYF VAGTE:
1.Pieter du Toit
2.Preiss en Kock
3.Pieter du Toit
4.Philipstown Jongooiklub
5.Loskop boerdery – R van Zyl
HSDA-rugby skitter tydens Karoofees!
Hoërskool De Aar se rugbyspanne het die afgelope naweek teen Sentraal, Baeufort West, kragte gemeet.
Dit was ontsettend warm en skeidsregters het geleentheid gemaak vir waterbreuke. Dit was ook die eerste wedstryde vir die seisoen.
Die o.15B-span het met min voorbereiding oomblikke van briljantheid gehad, maar ongelukkig nie die mas opgekom nie en verloor 29 – 12.
Die o.15A-span het hul staal gewys en die wedstryd gemaklik 26 – 12 gewen.
Die o.17-rugby was eenvoudig net te sterk vir die span van Baeufort West en het hulle met 56 teenoor 0 oorrompel.
Die eerste span van HSDA het goed begin en goed geëindig. Hulle wen Sentraal 44 – 7.
Arend groete.
Die afgelope naweek gedurende die Kÿto Karoofees het die HSDA- hokkiespanne meeding teen Sentraal (Beaufort West) Albei ons spanne is onoorwonne. Die eerste span het 2-0 gewen en ons beginnerspan 1-0. Die meisies het baie mooi gespeel en baie geleer. Ons sien uit na die hokkieseisoen.
Tydens die fees het agt van ons netbalspanne teen Sentraal (Beaufort West) en Victoria West Gekombineerd gespeel. Dit was die heel eerste wedstryd wat die dogters vir die jaar gespeel het. Almal was baie opgewonde en het gewys waarvan hulle gemaak is. Die eerste netbalspan wen 20-16 teen Sentraal, die tweede netbalspan wen 11-7 teen Sentraal, die o.15-netbalspan wen 5-3 teen Sentraal. Die ander spanne het ongelukkig verloor. Die spanne sien uit na ‘n uitdagende tog prettige seisoen. Geluk aan die spanne wat gewen het.
ONTBYTSAKE PIETER DE WAAL
BUILD-IT DE AAR POTJIEKOSKOMPETISIE
Die Build-It Plus De Aar potjiekoskompetisie wat tydens die jaarlikse KÿTO Karoofees plaasvind, was weereens ‘n reusesukses.
Met die ou ervare spanne en ook heelwat nuwe gesigte wie ingeskryf het, het die gees, net soos die potte, gekook.
Die spanne kon self besluit watter bestandele hul wil gebruik en die meeste spanne het van die geborgde skaapskenkels gebruik gemaak, maar daar was ook n hoender- en ‘n vispot.
Die Geurige Kokkedore se stalletjie is deur mnr. Pieter De Waal van Ontbytsake, die mediaborg van die KÿTO Karoofees, aangewys as die een met die beste gees en voorkoms.
Elke inskrywing het n nommer ontvang sodat die beoordeellaars die borde kos annoniem kon beoordeel.
"Gerber se vispot" het as wenners uit die stryd getree met 'HSDA 100 jaar' in die tweede plek en 'WeeCee', derde.
Polana Meubels het ook ‘n span ingeskryf, terwyl Standard Bank hul kanse verdubbel het met twee spanne.
Baie dankie aan elkeen van die spanne wie bygedra het tot die sukses van die kompetisie.
Baie geluk!
‘n Hedendaagse Cleopatra
Novels Mej. Hoërskool De Aar is die jaarlikse hoogtepunt vir ons leerders.
Die tema was Antieke Egipte. Die glansgeleentheid was weereens moontlik gemaak die hoofborg Novels Outfitters an Shoe Store asook vele ander borge.
Die kompetisie was baie sterk en elke meisie het op haar eie manier geskitter.
Kategorieë en wenners:
Mej. Persoonlikheid: Vida-Zhara Smiles-Diehl
Mej. Bemarking: Karia Erasmus
Mej. Antieke Egipte: Esona Mvenya
Mej. Fotogenies: Bobam Mama
Tweede Prinses: Lintle Koyana
Eerste Prinses: Vida-Zhara Smiles-Diehl
Novels Mej. Hoërskool De Aar: Nicole Afrika
Baie geluk aan elkeen!
Merino motors Fotokompetisies
Alex Cilliers- Kÿto hoofborg en spreker
Skeerdemonstrasies en projek: Tienie du Plessis
NWKV Nasionale Voorsitter: Billy van Zyl
Ontbytsake: Pieter de Waal
NWKV Beertjieskeerkompetisie
udergewoonte het HSDA weer die keuse van Beste Stalletjie in ons bekwame beoordelaars se hande by vanjaar se Kÿto Karoofees gelos.
Stalletjie Wenners
Derde plek behoort aan Mnr. Faan van Zyl van Mooivlakte Halloumi vir die vriendelikste stalletjie van die fees.
Tweede plek word toegeken aan Martie du Plessis en haar man met hul besonderse Hartsgoed houtwerkstukke.
In die eerste plek het ons ‘n splinternuwe stalletjie afkomstig van ons plaaslike SANDF (Weermag).
Die leerders het die interaksie met die wapens en die vriendelike personeel terdeë geniet!
Nogmaals geluk aan al ons 2024-wenners!
ELOFF, TINO, QUENTIN PRONSLOO, RIAAN BENADE, GNT, HENRICO FOURIE, LEANDRO DE CARVALHO, PRINCE RAJABU, ZIZI MVENYA, ED BEBBO
Soos in die verlede was daar weer groot gegaan met die Karoofees en het ons oud-skoliere in groot getalle opgedaag om ons Eeufees saam met ons te kom geniet,
Vrydagaand se braai is deur 115 mense bygewoon. Al het die vinnige druppels reën en sandstorm ons bietjie ontwrig, is alles gou herstel en is daar heerlik om die vure gekuier, gesels en onthou.
Mnr. Dave Ferreira, oudonderwyser het as simboliek ons ou skoolvlag ingedra en dit oorhandig aan ons nuwe geslag leiers, TC Markgraaff en Liné Pienaar, wat met ons nuwe eeufeesvlag ingekom het om sodoende te wys dat hulle ons ou tradisies en gebruike sal voortdra om te help verseker dat ons skool vir nog 100 jaar sterk sal staan.
Saterdagoggend is daar weer heerlik saam ontbyt geëet en is daar verder saam gekuier en gesels.
Die vlag oorhandiging-seremonie is ook Saterdagaand in die biertent herhaal met Henk Wydeman wat die ou vlag ingebring het. Die staatmaker is ook al van die eerste fees af betrokke en maak seker dat alles in die biertent glad verloop. Leandro De Carvalho en Antoné Menne het die nuwe vlag gedra.
Die kuier is ook die aand by die steakete in die saal voortgesit.
Dankie vir elkeen, plaaslik en die wat van ver af gekom het, wat die kuier en weersiens van ou vriende die moeite werd gemaak het.
Wees verseker Hoërskool De Aar staan sterk en julle sal altyd hier by ons welkom wees.
Loglift wenner en benchpress: Pierre Venter
Armcurl – Mauritz Erasmus
Forward hold – Tommie de Nysschen