KÿTO KAROOFEES - Gebeure / Events
Netbal spelers wat Road to Gibraltar-toer van Netbal Suid-Afrika by te woon.
Eerste Hokkie span
Rugby eerstespan wen 39-13!
Rugby o.15 wen 55-0
Rugby o.17 wen 68-0
Bulletjie rugby
BUILD-IT DE AAR POTJIEKOSKOMPETISIE
Te danke aan mnr. Ockie Jooste van Build-it Plus De Aar, wat die potjiekoskompetisie en pryse geborg het, en al die spanne wie ingeskryf het, was dit weereens ʼn sukses.
Die gees by hierdie jaar se Build-it Plus-Potjiekoskompetisie by die Kÿto Karoofees was net soos die potte, uit die boonste rakke. Die Zoerdoefs het skoonskip gemaak met die beste pot én die beste stalletjie. In die tweede plek, met 1 punt verskil tussen eerste en tweede plek, was die Mosambiekse Pot. Derde plek is deur Kosie se Skenkelpot verower.
Nuwe spanne, maar ook ou bekendes, het ingeskryf vir die potjiekoskompetisie. Die beoordelaars het weer die potte beoordeel sonder om vooraf te weet wie die span was wat hierdie heerlike geregte aan hul voorgesit het.
SAB, verteenwoordig deur Lesego, het pryse oorhandig vir die span met die beste gees en ‘n troosprys vir die potjie wat laaste geëindig het. Die prys vir die beste gees is gedeel tussen Die Zoerdoefs en die Mosambiekse Pot. Thomas het die troosprys gewen.
Baie dankie aan al die deelnemers vir jul ondersteuning en bydrae tot die heerlike gees wat geheers het.
EMO ADAMS AND BAND, APPEL AND BAND, GNT, WENTELBAAN, WILMIEN AND JOHANDRé UNGERER, HANNAH E, HENRICO FOURIE, Carli Vorster, Helé Marais, Stian Fourie, Alieke Erasmus, Karlien Pienaar, ZIZI MVENYA
HSDA Sacopa dansgroep, Karia Erasmus, Johandré Barkhuizen, Johandré en Karia